Die NetPret Tydskrif

~Uitgawe 9 ~ Augustus 2016 Vrouedag uitgawe
Baie welkom en lees lekker saam...!

¯\_(ツ)_/¯

NetPret vroue … geniet vrouedag, ons hoop julle word bederf. NetPret mans, waardeer die vrouens in julle lewe en bederf hulle. Geniet die uitgawe van ons awesome tydskrif en lekker lees :)
Saskia & Skiddz

Welkom by die Vrouedag uitgawe

Lexie sê haar sê
Onderhoud
Waar kom vrouedag vandaan?
Coco se kos rubriek
Vrouedag artikels
Uit die pen van Rawbird
Grap Gat
Die mure het ore
Elke Vrou ('n moet lees)
Wie sê wat
Grapjasse in ons midde
Musiek skotteljons
Jong vrouedag
Trivia Flaters
Stats
Kontak ons

Lexie sê haar sê

Welkom by hierdie uitgawe ~ Ek wil sommer vooraf vir SilverOwl sê: as jy gedink het die vorige uitgawes was girly ... hou vas jou hoed!
Hierdie uitgawe dra ek op aan die NetPret yster vroue... Coco hierdie een is joune, dankie vir al jou harde werk en Saskia weereens dankie vir alles en  jou geduld.
Julie maand het nie sonder die gewone drama verloop nie.. ou chatters het terug gekom, drama gemaak en weer gegaan. Dit is hartseer want nou wonder mens of mense dan nou regtig kan verander, duidelik nie, dus moet die boodskap nou wees: wees jouself eerder as om iets te wees wat jy nie kan volhou nie, en respekteer die volgende kletser.
Ook het real life ons getref: Saskia het iemand se huis opgepas en kon nie gereeld kom kuier nie. SilverOwl se pa is ernstig siek en Coco het 'n draai in die hospitaal gemaak. Julle moet asseblief onthou ons is hier vir julle maak nie saak wat nie. ons is julle NetPret familie.
Ons het vir SilverOwl 'n breek gegee met die musiek skotteljons goeters, maar dankie vir die vermaak wat jy wel verskaf het, ons hoop dat Augustus weer normaal kan verloop :)
Weereens moet ek omverskoning vra vir die tydskrif wat laat is, maar hopelik maak die uitgawe op daarvoor. Die program wat ek gebruik het 'n paar nuwe goed uitgebring, en toe was daar n paar "bugs" soos hulle dit noem en moes dit eers regmaak, dus moes ek die hele tydskrif oordoen. Ek het 'n paar nuwe goed probeer laat my weet wat julle daarvan dink.
Groete Lexie

Onderhoud met Deadpool

[14:53] * ~Lexie smile mooi vir Deadpool

[14:53] <~Lexie> nou toe hier gaan ons

[14:54] * Deadpool smile mooi terug... Gooi hom

[14:54] <~Lexie> !shooter almal

[14:54] <&Meisiekindjie> gooi vir almal 'n Olmeca Gold Tequila !!

[14:54] <Deadpool> Hehehe

[14:54] <Deadpool> Dankie

[14:54] <~Lexie> :)

[14:54] <~Lexie> ok kom is begin by die begin

[14:54] <+coco> Deadpool jy hoef nie so te stres nie

[14:54] <Deadpool> Ek is ontspanne, coco

[14:54] <+coco> ek sien daai frons op jou voorkop

[14:55] <Deadpool> Hehehe

[14:55] <~Lexie> ek het jou so n maand terug of so by volwasseklets raak geloop? ek dink nie jy sal onthou ni maar mari was besig om te probeer n foto uit jou te kry?

[14:56] <Deadpool> Hmmm... Ek is nie seker daarvan nie. Hier op zairc is ek net in ons aparte kanale, julle sin, myne, en in zairc

[14:57] <~Lexie> dan is daar iemand daar met dieselle nick sorry as ek julle verwar het

[14:57] <~Lexie> ok die nick waar kom dit vandaan

[14:57] <Deadpool> Dis nie 'n probleem nie

[14:58] <Deadpool> Ek is mal oor die fliek en karakter, deadpool. So ekt dit gevat en geregistreer :)

[14:58] <~Lexie> hoe lank chat jy al?

[14:58] <Deadpool> Hmmm... So 9 maande om en by op irc

[14:59] <~Lexie> ahhh soo jy is n newbie

[14:59] <Deadpool> Ja, ek is. Maar vir 'n newbie het ek een helse sukses gemaak van wat ek op irc doen.

[15:00] <~Lexie> :) en baie self vertroue....
[15:01] <~Lexie> jy is van johannesburg omgewing?
[15:01] <Deadpool> Ja, ekt onlangs hiernatoe getrek, ek is in die steeledale omgewing
[15:02] <~Lexie> en jy is 26 jaar oud?
[15:02] <Deadpool> Ja, verjaar in desember :)
[15:02] <~Lexie> :)
[15:02] <~Lexie> en is daar n mev Deadpool?
[15:03] <Deadpool> Nee, daar is nie. Dink nie daar sal wees nie om eerlik te wees
[15:03] <~Lexie> goodness en al daai sexyness vir jouself hou?
[15:04] <Deadpool> Ek sou nie sê vir myself hou nie...
[15:04] <~Lexie> lol
[15:05] <~Lexie> ok sal nie verder daar prob nie
[15:05] <Deadpool> Ek is net nie seker dat daar iemand is wat ek nou sou saam wees nie
[15:05] <~Lexie> ahhh dit verstaan ek ook :)
[15:06] <~Lexie> so vroer vandag het jy iets van alaska gese?
[15:06] <Deadpool> O ja, ek is mal oor die buitelewe, maar regte buitelewe waar mens se oorlewing van jouself afhang
[15:07] <~Lexie> wil jy uitbrei daarop?
[15:07] <Deadpool> Sekerlik
[15:09] <Deadpool> Mense soos ons nou is, is baie swakker as wat ons was so 50 jaar terug. Niemand kan regtig sê hulle oorleef nie. Selfs die mense wat in die areas is buite die stede, daar is nog steeds winkels en so aan
[15:09] <~Lexie> ahh so jy wil survivor gaan speel
[15:10] <Deadpool> En in alaska is dit nie so nie. Dit is die mensdom saam of teen die natuur.
[15:10] <Deadpool> Nee, survivor is steeds te veel te doen met ander mense
[15:10] <Deadpool> Meer soos robinson Crusoe op steroids.
[15:10] <~Lexie> ahhh
[15:11] * ~Lexie wonner hoe sy sal doen met so iets is mos nou n softy
[15:11] <~Lexie> ok om aan te sluit daar by het ek n paar vragies
[15:11] <Deadpool> Reg so hehe
[15:11] <~Lexie> ek maak n stelling en jy kies een?
[15:12] <~Lexie> dis standaard wat ek almal vra
[15:12] <Deadpool> Oky :)
[15:12] <~Lexie> kamp of hotel
[15:12] <Deadpool> Hmmm...kamp
[15:12] <~Lexie> braai of uiteet
[15:12] <Deadpool> Uiteet
[15:13] <~Lexie> kant of satyn
[15:13] <Deadpool> Satyn
[15:13] <~Lexie> sonsopkoms of sonsondergang
[15:13] <Deadpool> Sonsondergang
[15:13] <~Lexie> see of wildtuin




[15:13] <Deadpool> Veral op die strand

[15:13] <Deadpool> Lol

[15:13] <Deadpool> See

[15:13] <~Lexie> lol

[15:14] <~Lexie> pizza of pasta

[15:14] <Deadpool> Pizza

[15:15] <~Lexie> ppffttt jy het my skoon nou van my trollie af

[15:15] <&Meisiekindjie> Lexie : klink of Ek , alweer misfire !!

[15:15] <~Lexie> kan nie die ander onthou nie

[15:15] <~Lexie> lol

[15:15] <Deadpool> Lmga askies

[15:15] <~Lexie> wyn of bier

[15:15] <Deadpool> O eintlike nie een nie... Ek drink nie

[15:15] <~Lexie> cocktails of shooters

[15:16] <~Lexie> oh my koffie of tee

[15:16] <Deadpool> Koffie hehe

[15:16] <~Lexie> ahh

[15:16] <~Lexie> ok so vertel my van Deadpool en die dj ding

[15:17] <Deadpool> Oky... Ek sal voor moet begin. Ek het gewerk as 'n barman in Carletonville

[15:17] <~Lexie> cool ons het baie tyd

[15:18] <Deadpool> En terwyl ek op IRC gechat het, kom ek af op 'n vriendin van my, haar naam was mockingjay. Sy het my gevra om vir hulle te dj

[15:18] <~Lexie> !koffie almal

[15:18] <&Meisiekindjie> maak vir almal 'n sterk koppie Boeretroos

.[15:18] <Deadpool> Op daai stadium kon ek nie, so ekt haar gesê ek sal terugkom na haar toe

[15:19] <~Lexie> ok

[15:19] <Deadpool> Toe ek wel met haar wou praat, toe sê haar ma, diamondlil, dat sy weg is by mockingjay se stasie, en sy het besluit om haar eie ding te doen

[15:20] <~Lexie> ahhh ja ek weet daarvan

[15:20] <Deadpool> Ekt saam haar oorgekom zairc toe, en toe kort daarna begin dj. So 'n maand later het lilly ook ingekom

[15:20] <~Lexie> ok

[15:21] <Deadpool> En toe was daar drama, en ek en darknyt het saam met lilly gestaan. So paar dae na die drama begin het, was ons al 3 afgedank by voice over radio.

[15:22] <~Lexie> mag ek weet wat se drama

[15:22] <Deadpool> Nie lank daarna nie het darknyt vir my en lilly genader om ons eie stasie te begin, en kyk waar is ons nou...

[15:22] <Deadpool> Dit was oor 'n ander chatter. Sy naam is loki

[15:22] <~Lexie> ahhh ek het hom die ander dag raak geloop

[15:22] <Deadpool> Hy het my en lilly beskuldig van dinge wat ek nie gaan herhaal nie

[15:23] <~Lexie> ok

[15:23] <Deadpool> En toe daarna het diamondlil ons gesê hy gaan deel word van haar span

[15:24] <~Lexie> ok

[15:24] <Deadpool> Ons het gesê daai kite gaan nie vlieg nie, maar ja, dinge het so gewerk dat ons uitgegooi was vir hom. Ek is nie speit nie

[15:24] <~Lexie> kan dink

[15:25] <~Lexie> en nou is dit nt julle drie

[15:25] <Deadpool> Ons drie is die stigters. Ons het nog 3 djs wat ook vir ons speel, een is nou op die oomblik besig

[15:25] <~Lexie> ok

[15:26] <~Lexie> is julle ook 24/7 op die lug

[15:26] <Deadpool> Ja, ons is, en ons het elke dag ten minste een live show

[15:26] <~Lexie> cool

[15:27] <~Lexie> wat is jou tiepe musiek

[15:27] <Deadpool> My musiek wat ek speel of luister?

[15:27] <~Lexie> luister

[15:28] <Deadpool> Ahh... Ek luister harde rock, metal, partykeer trance en dubstep

[15:28] <~Lexie> eessshhh

[15:28] <&Meisiekindjie> Lexie moet ek die shhhhhucher uit haal ?? :P

[15:28] <~Lexie> ok

[15:28] <~Lexie> ek dink so Meisiekindjie

[15:28] <~Lexie> hoe belangrik is musiek vir jou?

[15:29] <Deadpool> Musiek het een keer my lewe gered. Musiek is vir my die belangrikste ding behalwe vir eet, slaap en asem haal
[15:29] <~Lexie> :)
[15:29] <~Lexie> ok
[15:30] <~Lexie> ok nou n paar hipotetiese vragies
[15:30] <Deadpool> Reg so hehe



[15:30] <~Lexie> wat sou jy beskou as n romantiese aand/dag/naweek

[15:32] <Deadpool> Op 'n eiland wees, met alles wat nodig is in 'n bungalow, waar ons op die strand kan gaan loop, terug kom en ek 'n ete kan maak...

[15:32] <~Lexie> klink idillies

[15:32] <~Lexie> hoe lyk/persoonlikheids gewys jou perfekte vrou

[15:32] <Deadpool> Hehe ek is baie romanties van harte

[15:34] <Deadpool> Iemand selfversekerd met wie ek 'n oordentelike geselskap kan hê, goeie sin vir humor, en oop is vir alle idees

[15:34] <~Lexie> wie is Deadpool?

[15:34] <Deadpool> Hoe sy lyk is nie van belang nie

[15:35] <Deadpool> Ekke?

[15:35] <~Lexie> ja

[15:35] <~Lexie> jy die mens

[15:35] <~Lexie> wat wil jy van die lewe he

[15:36] <Deadpool> Ek is iemand wat saggeaard is. Ek wil my plekkie in die son hê, wil hê dat, as ek nagesate het, hulle moet kan terugkyk en sê "my oupa-grootjie was een goeie mens"

[15:37] <~Lexie> :)

[15:37] <Deadpool> Soos ons in engels sê

[15:38] <Deadpool> We all have a footprint we leave. It's up to you as to how the world sees yours

[15:38] <~Lexie> well said

[15:39] <~Lexie> wat maak jou opstaan in die oggend

[15:39] <~Lexie> behalwe koffie

[15:39] <Deadpool> Lmga

[15:39] <~Lexie> lol

[15:39] <Deadpool> Ek staan op om te sien wat gebeur die dag. Ek is baie nuuskierig.

[15:41] <~Lexie> ok so nou gaan ons oor na die jucy stuff

[15:41] <~Lexie> nou klaar diep en oordentlik gewees

[15:41] <Deadpool> Hehehe

[15:42] <~Lexie> ek neem aan jy het nie n meisie op die oomblik nie

[15:42] * Deadpool sluk van sy koffie

[15:42] * Deadpool sluk van sy koffie

[15:42] <Deadpool> Nee ek het nie

[15:42] <~Lexie> ok so hoe voel jy oor internet/chat verhoudings

[15:43] <Deadpool> Dis 'n bittersoet ding daai... Kort antwoord, ek is oky daarmee

[15:43] <~Lexie> is daar iemand vir jou nou op irc dan?

[15:44] <Deadpool> Wel... Iemand op wie ek my oog het, ja... Maar sover as 'n verhouding nog nie, nee

[15:44] <~Lexie> ahh ok

[15:45] <~Lexie> ek is maar skepties oor die goed maar ja daar is mense waarvoor dit werk

[15:45] <~Lexie> anyway

[15:45] <Deadpool> Ek self... Maar mens weet nooit

[15:45] <Deadpool> Oopkop wees :)

[15:45] <~Lexie> so hoe oud was jy toe jy jou eerste soen gehad het

[15:46] <Deadpool> 12...

[15:46] <~Lexie> goeie hemel lol

[15:46] <&Meisiekindjie> Lexie , lekker lag ek nou vir jou !! :D

[15:47] <~Lexie> ahhh lol o ja jy het die ander aand gese

[15:47] <~Lexie> whahaha ok

[15:47] <~Lexie> en jou eerste ernstige verhouding hoe oud was jy

[15:48] <Deadpool> Ek sal eers moet dink wag...

[15:48] * ~Lexie wag en trommel ha vingers op die tafel

[15:49] <Deadpool> 16, dit was wie ek die eerste keer gesê het ek is lief vir haar, maar meer ernstig... Eers op 20

[15:49] <~Lexie> ahhh ok

[15:50] <~Lexie> wat is jou droom vir die toekoms

[15:50] <Deadpool> Gelukkig hier in jhb lewe... Onafhanklik wees

[15:51] <~Lexie> awesome

[15:51] <~Lexie> is daar enige iets wat jy nog vir ons wil vertel..... wat jy wil he die chatters moet weet

[15:52] <Deadpool> Nie eintlik nie...

[15:52] <~Lexie> lol ok

[15:52] <~Lexie> dan is dit dit ne? dankie baie vir jou tyd

[15:53] <Deadpool> Dit was een helse plesier. Was lekker hehe

Waar kom Vrouedag vandaan?

Elke jaar op 9 Augustus vier Suid-Afrikaners met uiteenlopende

kulture en rasse Nasionale Vrouedag. Hierdie jaarlikse openbare vakansiedag roep die datum 9 Augustus 1956 in herinnering.

Op dié dag in 1956 het ‘n groot groep vroue ‘n veldtog begin om ‘n einde te bring aan die paswette wat deur die destydse regering afgedwing is. In kort het die paswette beteken dat alle swart mense ‘n spesiale identiteitsdokument of “pas” moes dra wat hulle moes toon om te bewys dat hulle wettig ‘n bepaalde gebied, wat vir blankes geoormerk was, kon binnegaan. Dit was een van die hoofwette van die apartheidsregering en het die vryheid van beweging van swart mense ernstig aan bande gelê.

Die veldtog het begin toe ongeveer 20 000 vroue in Pretoria na die Uniegebou te voet opgetrek het om beswaar te maak teen bepaalde voorgestelde wetswysigings rakende die paswette as onderdeel van die Stedelike Groepsgebiede Wet van 1950. Hierdie opmars is gelei deur Sophia Williams-De Bruyn (tans lid van die Provinsiale Wetgewer van Gauteng); Lilian Ngoyi (Strijdom-plein is ter ere van haar na 

Lilian Ngoyi Square herdoop tydens die 2006 Vrouedagvierings);

 Rahima Moosa en Helen Joseph (‘n boorling van Engeland en ‘n ernstige anti-apartheidsaktivis). ’n Petisie met meer as 100 000 handtekeninge is aan die Eerste Minister, J G Strijdom, oorhandig. Na die oorhandiging het die groep vir 30 minute in stilte buite die gebou gestaan waarna hulle ‘n lied begin sing het. Die woorde (vertaal) was ”Noudat jy die vroue aangeraak het, het jy aan ‘n rots geslaan.” Die woorde het die durf en krag van hierdie vroue uitgedra.


Nasionale Vrouedag vieringe is sedert 1994 ingestel en vind nou jaarliks plaas. Die 50ste herdenking van hierdie gebeurtenis was in 2006 en het as hoofkenmerk gehad ‘n nabootsing van die historiese mars met talle lede van die oorspronklike mars weer teenwoordig. Nasionale Vrouedag in Suid-Afrika word hoog geag en dien as ‘n herinnering aan die groot bydraes van vroue in Suid-Afrika en is terselfdertyd ‘n geleentheid om opnuut te besin oor die regte van vroue




Souttertjies

 4 eiers
 250 ml melk, vetvry
 10 ml kanola-olie
 1 ui, gekap
 250 g laevet-spek, gekap
 ½ groen soetrissie, gekap
 250 g sampioene, skoongemaak en in skyfies gesny
 100 g ham, gesny
 5 ml aangemaakte mosterd
 30 ml vars gekapte pietersielie
 sout en peper
 30 ml meel
 125 ml Tusser’s-kaas, gerasper
Verhit oond tot 180 °C. Klits die eiers en melk saam en hou eenkant. Verhit die olie en braai die ui tot deurskynend. Voeg die spek, soetrissie en sampioene by en braai tot gaar. Meng met die ham. Meng die uiemengsel met die eiermengsel, mosterd, pietersielie, sout en peper, en meel. Skep mengsel in ’n standaard-muffinpannetjie wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Sprinkel kaas oor en bak ongeveer 35 minute tot gestol


Gebakte Broccolihoender

Bedien 4-6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 20 min.
250 g broccoli
15 ml (1 e) olyfolie
250 g sampioene, gehalveer
sout en vars gemaalde swartpeper
6 gaar hoenderborsies, in stukke gesny
SOUS
1 blik (415 g) sampioenroomsop
125 ml (½ k) mayonnaise
15 ml (1 e) kerriepoeier
sout en vars gemaalde swartpeper
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1. Stoom die broccoli tot net gaar en hou eenkant.
2. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die sampioene tot gaar. Geur met die sout en peper. Verwyder die pan van die hitte en roer die broccoli, sampioene en hoender bymekaar.
3. SOUS Meng die sampioensop, mayonnaise en kerriepoeier. Geur met sout en peper.
4. Sit die hoendermengsel in ’n groot oondbak en giet die sous oor.
5. Sprinkel die kaas oor en bak 15-20 min. tot goudbruin en gaar.


Sjokeladepoeding

70 g botter
125 ml (½ k) strooisuiker
2 eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) meel
10 ml (2 t) bakpoeier
60 ml (¼ k) kakaopoeier
5 ml (1 t) koffiepoeier
1 liter (4 k) melk
Sous
80 ml (⅓ k) bruinsuiker
125 ml (½ k) room

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag oondvaste bak.
Klits die botter en suiker saam in ’n groot bak. Voeg die eiers een vir een by en meng goed ná elke byvoeging.
Roer die vanielje in. Sif die meel, bakpoeier, kakaopoeier en koffiepoeier saam. Voeg die droë bestanddele en melk om die beurt by die suikermengsel.
Wanneer al die bestanddele goed gemeng is, giet die beslag in die gesmeerde bak en sit dit in die oond. Bak 30 min. tot die poeding nog effens klam in die middel is.
Sous: Terwyl die poeding bak, meng die suiker, room in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. Laat prut 5 min. en verwyder dan van die hitte en sit eenkant.
Haal die poeding uit die oond en giet die sous oor terwyl dit nog warm is.

Ystervroue

Natalie du Toit



Elkeen in Suid-Afrika sal ook die veggees van hul eie swemheldin in die Olimpiese spele onthou. Hulle sou regstreeks op die televisie gekyk het na die veeleisende vroueswemnommers die een medalje na die ander ingepalm het.
Soos die wenner van die marathon-swemnommer, Rusland se Larisa Ilsjenko, agterna te kenne gegee het: Die dapper Natalie verdien self ’n medalje en dit bloot omdat sy deelgeneem het.
Soos almal weet, het ons Natalie net een en ’n halwe been. Haar linkeronderbeen is in Februarie 2001 geamputeer nadat sy in die Kaap, waar sy woon, met haar bromponie in ’n ongeluk betrokke was. Sy was op pad terug skool toe nadat sy ’n swemoefening gehad het toe sy en ’n motor wat uit ’n parkeerterrein gekom het teen mekaar bots.
Natalie onthou hoe geskok sy destyds as ’n skoolmeisie was, ’n tiener met soveel ideale en so te sê nog op die drumpel van ’n goue era in haar lewe. Oor en oor het sy gesê: “Ek het my been verloor, ek het my been verloor.”



Hoewel die dokters verbete probeer het om haar beseerde been te red, moes hulle dae later regdeur haar knie sny en die onderbeen afsit. Haar dybeen was ook gebreek, maar die chirurge kon dit red deur ’n titaanstaaf daarin te plaas.

Verreweg die meeste swemmers van formaat sou net daar halt geroep het. Hulle sou vra watter toekoms daar kan wees vir enige liggaamlik gestremde atleet in ’n hoogs mededigende wêreld waar die “normales” mekaar reeds genadeloos vertrap om die boonste sport van die leer te bereik. Kortom, hulle sou dadelik tou opgegooi het.

Nie Natalie nie. Daarvoor was haar deursettingsvermoë, haar ingebore wil en bowenal haar drome eenvoudig te groot. Sy sou die reënboog bokant die storm raaksien—en doelgerig daarteen uitswem terug na die son.

Natalie ons almal is dankbaar is vir wat jou sonnige positiwiteit vir ons beteken in ’n gebroke wêreld met sy baie pyn—ons almal weet dit was baie meer as dit.

Moeder Teresa

. Moeder Teresa was gebore in Skoje, Macedonia op 26 Augustus 1910. Haar familie was Alberies. God het haar op die ouderdom van 12 jaar geroep om sy kind te wees en vir hom te werk. Toe sy 18 was het sy haar ouers se woning verlaat en het aangesluit by die Susters van Loreto, ‘n Ierse gemeenksap van nonne wat vrywillige werk in India doen. Van 1931-1948 het Moeder Teresa onderrig gegee by die St. Mary’s Hoërskool in Culcutta. Sy kon nie die armoede en swaarkry van die mense verduur nie en het besluit om iets daaraan te doen. In 1948 het sy toestemming gekry om die skool te verlaat en het haarself toegewy om met die armste mense in Culcutta te werk. Daar was geen fondse of geld om projekte wat sy wou doen laat plaasvind nie. Sy het staatgemaak op Devine Providence om haar te help om ’n openbare skool vir arm kinders oop te stig. Vrywillige werkers het haar gehelp en sy het finansiële ondersteuning gekry om haar werke en dienste meer uit te brei. In Oktober 1950 het Moerder Teresa toestemmming gekry om haar eie institusie “Missionaries of Charity’s” te begin. Hulle primêre doel was om vir siek-, arm-, sterwende mense en weeskinders lief te wees en om te gee, omdat daar neimand was wat bereid was om hulle te help nie. Teen 1996 het Moeder Teresa 517 bestemmings bestuur in meer as 100 lande reg oor die wêreld. Moerder Teresa was ook die leier van Missionary’s of Charity tot en met 13 Maart 1997, ses maande voordat sy gesterf het op 5 September1997.


Moeder Teresa was ’n goeie leier en godsdienstige vrou wat wêreldwyd aanspraak gemaak het. Nie net omdat sy godsdienstig was nie, maar omdat sy ’n vrou was. In die verlede was vroue nie goed genoeg om ’n rol in die samelewing te speel nie, maar Moeder Teresa het gewys dat sy ’n verskil kan maak ongeag hoe die media haar uitbeeld of wat mense van haar dink. Moeder Teresa was betrokke by verskillende kulture . Sy was nie net ’n gewone vrou nie, maar ’n godsdienstige vrou wat veranderinge gebring het. Moeder Teresa het ’n roeping van God gekry om sy kind te word en om vir Hom te werk. Om as ’n non erken te word moes sy eers vir drie jaar ’n “student” wees. Dit is die minimum tydperk wat vereis word van katolieke vroue om hulle te bekwaam as ’n geloofwaardige werker van God. Na die 3 jaar ontvang nonne “Die Ewige Geloftes” waar hulle trou beloof om vir ewig ’n non te wees, God se werke te doen en Sy naam te verkondig.


Sy was ’n vrou wat sterk in die geloof was, alhoewel die media nie 

.

.



daarmee saamgestem het nie. Hulle glo sy het onwettig geld

ontvang van die rykes wat die geld van arm mense ontneem het. Die media het gevoel sy het gevoel sy net so skuldig is soos diegene wat die daad gepleeg het. Die media weerspieël nie in alle gevalle dieselfde boodskap nie, want aan die eenkant praat hulle van Moeder Teresa se goeie werke en aan die anderkant praat hulle van haar swakheid as ’n persoon. Hulle verkleineer haar omdat sy geld ontvang het van mense wat nie regverdig en eerlik is nie. Hulle voel sy wat ’n groot godsvrou is kan onderskei tussen wat reg is en wat nie reg is nie. Ek voel Moeder Teresa is uniek omdat sy die eerste vrou is wat alles wat teen haar gehou was te gebruik om haar te motiveer om haar doelwit te bereik. Sy het ongeag van die struikelblokke uitgestyg, nie vir haar eie roem nie maar om ander se lewensomstandighede te verbeter. Baie mense kon nie of wou nie Moeder Teresa se goeie dade aanvaar nie, omdat sy ’n vrou was. Mans veral kon nie glo dat ’n vrou instaat is om so ’n groot impak op mense se lewens en veral die media te hê nie. Mans stereotipeer dat vroue nie sterk genoeg is om blootgestel te word aan die media en die wêreld nie, omdat vroue baie sensitief is en die media breek baie keer mense af. Mans dink vroue is net goed genoeg vir in die huis werk en veral hulle families sorg, maar Moeder Teresa het bloot die stereotipe gebreek. Sy het bewys da tvroue instaat is om enigiets te kan doen. Hulle moet net gemotiveerd wees dan sal alles makliker kan realiseer.


Ten slotte, Moeder Teresa het die media laat gons, omdat hulle nie gedink het iemand of let wel ’n vrou instaat is om dit te bereik nie. Sy was uitgebeeld as ’n goeie en opregte persoon, maar die media het duidelik ook getwyfel of alles rondom haar waar was. Moeder Teresa was definitief nie net betrokke by een kultuur nie. Sy was deel van verskillende kulture onder andere minderbevoorregte gemeenskappe, haar kerk, die organisasies wat sy op die been gebring het en ook die hoë klas mense wat donasies gemaak het sodat die organisasies hulle dienste kan lewer aan die wat in nood is. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat Moeder Teresa se waardes en geloof baie sterk was om deur alles te gaan wat vroue in die verlede as groot struikelblokke gesien het. Moeder Teresa is uniek en het baie deursettingsvermoë gehad vir ’n vrou met so ’n hoë ouderdom. Dit was ook vir haar baie moeiliker om haarself te bewys in die verlede. Vroue van vandag het nie nodig om daardeuur te gaan nie, want daar is baie meer geleenthede vir hulle vandag om hulle drome uit te leef en om ’n verskil te maak.


.

Uit die pen van Rawbird

Vrouedag

Die Meester in sy wysheid het vir Adam aan die slaap gesus .
En toe 'n ribbebeen van hom geneem terwyl hy rus.
Kundig vorm Hy toe daaruit die skoonste wese en noem dit vrou .
Help jou man, kom toe die opdrag , betoon jou liefde en jou trou .
Eva het die bevel met oorgawe volvoer en doen vandag nog steeds.
Mans! Bring dus vandag jul hulde, vir toewyding van die begin af reesds
Sien die bedraggie gespandeer aan rose rooi
'n Klein belegging in iets so wonder mooi .
Hou haar maar vas en druk haar teen jou hart .
Om die gesins onthalwe ontsien sy geen pyn geen trane en geen smart .
'n Dag om te hedenk die deug van vroue van die wêreld oor.
Laat dus maar jy ook nou jou dankbetuiging hoor !
Ons eie volk kan vele heldinne in geskiednis herdenk .
Wat aanhou , koershou voorwaarts nie na links of regs wou swenk .
Vrouedag behoort ons elke dag te vier .
Hulde aan die moeders en vroue , diensbaar aan hul medemens hier 

Die mure het ore....

Die mure het ore (1)

[18:07] * Cyberdewd gooi homself voor Lexie
[18:07] <Cyberdewd> bon appetite
[18:07] * +Lexie gaan haal die vrug te pak dit boop Cyberdewd en eet stadig dit van hom af
[18:07] <Cyberdewd> oooooeeeee
[18:07] <Cyberdewd> :D
[18:08] <+Lexie> lol
[18:08] * +Lexie giggel in ha mou en dink hy het dit nie verwag nie
[18:08] <%coco> hmmm
[18:08] <Cyberdewd> lol jy is reg
[18:10] <&Meisiekind> [364] [7441 / 10104] [Twee oulap ?] [Waarde Van 16 Punte]
[18:10] <&Meisiekind> [364] Leidraad Een: Tw****
[18:11] <&Meisiekind> [364] Leidraad Twee: Twa***
[18:11] <Cyberdewd> twaalf
[18:11] <&Meisiekind> [364] Leidraad Drie: Twala*
[18:11] <Cyberdewd> twakke
[18:11] <&Meisiekind> Wel Gedaan! Cyberdewd Het Die Antwoord: Twalap In: 1min 45secs! Cyberdewd Kry: 16 . Totale Punte : 2002
[18:11] <%coco> mooi
[18:12] <%coco> 2002
[18:12] <Cyberdewd> lol ja sien jy
[18:12] <Cyberdewd> en elke keer probeer ek nie eers nie
[18:12] <Deadpool> Ek draai my rug vir 15 sekondes
[18:13] * Deadpool skud sy kop
[18:13] <Cyberdewd> toe gebeur wat
[18:13] <%coco> en nou Deadpool ?
[18:14] <Deadpool> Die gegooi van ligame en eet van mense af :o
[18:14] <Cyberdewd> * Deadpool skud sy kop <---- haal jou hand by jou broek uit Deadpool
[18:14] * Cyberdewd kruip weg
[18:15] * %coco lag hard
[18:15] * Deadpool moonwalk tot reg langs Cyberdewd
[18:15] <Cyberdewd> lol
[18:15] <Deadpool> Speel ons wegkruipertjie?
[18:15] <Cyberdewd> nee lol
[18:15] <Deadpool> O ek moes nog laas
[18:15] * Deadpool haal sy hand uit sy broek uit
[18:16] <&Meisiekind> [365] [947 / 10104] [Bestanddeel van petroleum ?] [Waarde Van 16 Punte]
[18:24] <Cyberdewd> as Lexie nie kan nie, kan dit nie gedoen word nie
[18:25] <+Lexie> lol
[18:25] <+Lexie> dankie
[18:25] <Cyberdewd> :)
[18:25] * Deadpool skud weer sy kop
[18:25] <Deadpool> Suck-up
[18:25] <Cyberdewd> :P
[18:25] <Deadpool> :P
[18:25] <+Lexie> wat gaan nou aan Deadpool
[18:26] * %coco werk Deadpool se broeksakke toe
[18:26] * +Lexie staar na coco
[18:26] <Cyberdewd> lmao coco
[18:26] <Deadpool> Coco, ek gebruik nie my broeksakke nie :P
[18:26] <%coco> dit was 'n opdrag van Cyberdewd Lexie
[18:26] <+Lexie> hoekom sal jy dit wil doen
[18:26] <&Meisiekind> errrrm :)
[18:26] <+Lexie> oh
[18:27] <%coco> ja Meisiekind
[18:27] * Deadpool lag lekker
[18:27] <Cyberdewd> hy wil sy kop heeltyd skud Lexie
[18:27] <Deadpool> Lol
[18:27] <&Meisiekind> Deadpool , se jy lol IRL ook ?? :))
[18:27] * %coco boor haar toon in die mat
[18:27] <Deadpool> En ek lag nou rerig hardop
[18:27] <Cyberdewd> hehe
[18:27] <Deadpool> My wange
[18:27] <Deadpool> Hulle pyn al
[18:28] <Cyberdewd> ai lol
[18:28] <+Lexie> wat het die sakke met dit als te doen
[18:28] * Deadpool haal diep asem
18:28] * +Lexie dink ......... fokkit ek voel blond
[18:28] <&Meisiekind> [367] [8411 / 10104] [Wanneer het Chicago die eerste polisie-vrou aangestel ?] [Waarde Van 17 Punte]
[18:28] <%coco> is jy seker dis jou wange wat pyn
[18:28] <Deadpool> Want Cyberdewd reken ek skud nie my hoof nie
[18:29] <Deadpool> Ja coco ek is seker :D
[18:29] <&Meisiekind> [367] Leidraad Een: 18**
[18:29] <Deadpool> 1891
[18:29] * +Lexie scrol op
[18:29] <+Lexie> ahhhh
[18:29] <&Meisiekind> [367] Leidraad Twee: 189*
[18:29] <Deadpool> 1892
[18:29] <Deadpool> 1893
[18:29] <&Meisiekind> Wel Gedaan! Deadpool Het Die Antwoord: 1893 In: 1min 15secs! Deadpool Kry: 17 . Totale Punte : 4881
[18:30] <Deadpool> Hehehe sien Lexie
[18:30] <Cyberdewd> lol
.

Die mure het ore (2)

<+Ivanka> Waaroor praat ons?

 <+Ivanka> Nie Oscar se vonnis?

 <%coco> jinne hy was gelukkig

 <+Ivanka> Mmmm

<Deadpool> Ag sy hele hol

 <%coco> hy gaan seker net 3 of 4 jaar sit

 <Deadpool> Sy vonnis is met 2 voet verkort

<Deadpool> Askies, ek moes

 <DJ_Albert-T> hehehe Deadpool

 <%coco> ek kry hom tog in 'n mate jammer, niemand weet regtig wat daai aand gebeur het nie

 <Deadpool> Wat kry oscar by die bar?

<Deadpool> 4 shots vir sy girl en 2 enkels vir homself

 <+Ivanka> bloody mary seker ook?

<Deadpool> Moet wees ja...

<+Ivanka> en weet jy wat is sy beste band?

 <+Ivanka> Bullet for my valentine!

 <Deadpool> Sy gunsteling liedjie?

 <Deadpool> Footloose!

 * DJ_Albert-T hoop coco private haarself darm nou :P 

* %coco doen DJ_Albert-T

 <Deadpool> Dit lyk half vuil...

* %coco like om haarself te pvt

<Deadpool> Ek het 'n baie vinnige, vuil denke aan my

<+Ivanka> Sy favourite fliek ---> Blade runner

<Deadpool> Lmga blades of glory

<DJ_Albert-T> hehehe die grappe Deadpool word gebere vir die tydskrif :P

 <+Ivanka> Ja wat, ek se mos: die ooievaar het my nie afgelewer nie, hy het my uitgeskyt

 * Deadpool kan nie wals nie

 <Deadpool> Maar ek kan headbang soos moose van bullet for my valentine

 <+Ivanka> Ek het 2 linker voete

<Deadpool> Een seker by oscar gesteel

 <+Ivanka> Hy was duidelik been-af oor Reeva hoor

<Deadpool> Heel duidelik.

<Deadpool> Hulle wil die academy film awards se naam verander

 <Deadpool> Niemand soek nog 'n oscar nie


Elke Vrou...

Daar is so baie dinge wat ek wens. Vir myself, vir die vroue in my lewe, vir ál die vroue. As dit so in die verbygaan aan jou siel raak, sal dit my bly maak …

Elke vrou behoort vas te klou aan haar drome. Want as ons nie aan die onmoontlike glo nie, sal die moontlike ons lewe tog so voorspelbaar maak. 

Elke vrou behoort onbevange die wêreld in te vaar; haar nie te bekommer oor kind of kraai, man of Meraai nie. En te weet wanneer die tyd ryp is om terug te kom.

Elke vrou behoort minstens een keer in haar lewe met iemand te vry omdat sy lus is. En vir geen ander sinvolle rede soos liefde, samesyn of emosionele binding nie. 

Elke vrou behoort haar eie grense oor te steek, anders sal sy nooit weet wat moontlik vir haar wag of waartoe sy in staat is nie. 

Elke vrou behoort vir 'n selfsugtige minnaar te kan sê: "Ek het jou nie nodig nie," en dit bedoel. 

Elke vrou behoort te weet sy verdien die beste en te weet wanneer sy dit nie kry nie.

Elke vrou behoort soms kliphard te lag. Al is dit vir 'n simpel rede. En vere voel oor wié dink wát. 

Elke vrou behoort 'n keer in die maanlig te dans. Met die sand onder haar voete, die wind in haar hare en 'n hart wat warm teen haar bors klop. 

Elke vrou behoort 'n slag kaal te swem; net die koel water teen jou vel, onbevange, ongebonde, onverskrokke.

Elke vrou behoort haarself op die skouer te klop. 

Elke vrou behoort vir haarself te kan lag. 

Elke vrou behoort die wonder van stilte te leer ken. 

Elke vrou behoort minstens een sexy rok te hê. En 'n paar hoë, stout, swart skoene. 

Elke vrou behoort in 'n geheimsinnige man se oë te kyk. En as sy meer wil doen as kyk, is dit haar saak.

Elke vrou moet soms sê wat sy dink. Sonder om te dink wat sy sê. 

Elke vrou moet 'n opregte vriendin hê. Dis 'n verhouding sonder verwagtinge, omvangryk en rentevry. 

Elke vrou moet die waarde van nòù met ewe groot agting bejeën as die moontlikhede van môre en die verganklikheid van gister. 

Elke vrou moet haar verbeelding gebruik. Wat anders kan jy daarmee doen?

Elke vrou moet haar hart volg, haar instinkte vertrou en haar hakskene gereeld skuur. 

Elke vrou moet kan vergewe en vergeet. En weet dat haar geluk van niemand behalwe haarself afhang nie. 

Elke vrou behoort nou en dan in die reën te loop. 'n Kind se hand vas te hou en 'n babakat se maag te kielie.

Elke vrou moet trots wees op haar ouderdom. Dis die myle en nie jare nie wat tel. 

Elke vrou moet besef haar adres, haar man se status en haar kind se prestasies weerspieël niks van haar eie verdienstelikheid as mens nie. 

Elke vrou behoort te besef sy kan nie veel verander aan die lengte van haar bene, die wydte van haar heupe of die geaardheid van haar ouers nie…

Elke vrou behoort te besef haar kinderjare mag dalk nie perfek gewees het nie… Maar dis verby…

Elke vrou moet vir haarself uitklaar presies wat sy sal doen of nie sal doen nie ter wille van die liefde… Hoe om alleen te bly selfs al hou sy nie daarvan nie. Wie sy kan vertrou en wie nie en hoekom sy nie alles persoonlik moet opneem nie.

Elke vrou behoort te weet waar om te gaan as haar siel lafenis nodig het, of dit nou haar beste vriendin se kombuis of ‘n luukse gesondheidspa in die berge is.

Elke vrou behoort te weet wat sy sal kan regkry binne een dag… Een maand en een jaar… 

En wat sy nie sal kan reg kry in ‘n leeftyd nie.

Elke vrou moet kan sê: "Bogger dit." En elke vrou sal wanneer sy op 'n donker aand haar kop hemelwaarts draai, 'n boodskap tussen die sterre lees wat nét vir haar geskryf is."

ELKE VROU BEHOORT TE WEET DAT SY BAIE, BAIE SPESIAAL EN KOSBAAR IS.

.

Wie sê wat!

 <+Lilly> ek sal hoop jy wil nie my pa spyker nie
<Deadpool> Hansie slim het sy ma bespring, toe kom sy pa by die kamer in, hy vat 'n hoed en hy moer hom goed, nou is hans weer soet...
<~Saskia> nee hel wag laat ek binne toe trek voor ek netnou so gevries is dat ek ysblokkies pp
<Elixir> ek gaan justin bieber date wanneer hy eendag 18 is
<Deadpool> Ek gaan 'n lang been fox terrier onderstebo dop as hy nie nou ophou wriemel nie
<Deadpool> So, weet jy wat dit is, die afrikaans vir you are the weakest link, goodbye? Jy's dof. Voko

Grapjasse in ons midde

 Deadpool> coco, wat kry jy as jy 'n roos en 'n krokodil met mekaar kruis?
<%coco> ek weet nie Deadpool sê maar
<Deadpool> Ek weet ook nie maar ek sal norrefok aan hom ruik nie

<Rawbird> Die klein Zebratjie vra vir sy pa " Pa is ek swart met wit strepe of wit met swart strepe ?
  Sy pa se Man jy is wat jy is 
 <Rawbird> hoera skree die zebratjie ek is wit met swart strepe 
<Rawbird> hoe werk jy dit uit vra sy pa ?
 <Rawbird> wel as ek swart was met wit sterpe sou pa gese het Djy Es wat Djy Es 

Musiek Skotteljons

                 9 Julie 2016   

           Shazam Suid Afrikaanse Top 20

  1. This is what you came for – Calvin Harris Ft Rihanna
  2. Sing me to sleep – Alan Walker
  3. Send my Love (To your new Lover) – Adele
  4. I hate u, I love you – gnash ft Olivia o’brien
  5. This one’s for you – David Guetta Ft Zara Larsson
  6. Me too – Meghan Trainor
  7. Cold Shoulder – Locnville & Sketchy Bongo
  8. Children of the sun – Daniel Baron
  9. in Common – Alicia Keys
  10. Panda – Desiigner
  11. Can’t stop the feeling! – Justin Timberlake
  12. hinking about You – Goodluck
  13.  took a pill in Ibiza (SeeB Remix) – Mike Posner
  14. Cheap Thrills – Sia
  15. Don’t Mind – Kent Jones
  16. Too much information (Laolu Remix Edit) – Dele Sosimi Afrobeat Orchestra
  17.  Don’t let me down – The Chainsmokers Ft Daya
  18. Into you – Ariana Grande
  19. Faded – Alan Walker
  20. Messin’ around – Pitbull Ft Enrique Iglesias


         10 Julie 2016

   Maroela Media Afrikaanse Top 20

1. Ek steek my hand op – Touch of Class

2. Langs jou – Elvis Blue

3. Sonvager – Refentse

4. Hamer – Liza Bronner

5. Braaf – Charlize Berg

6. Vergeet van my – Irene-Louise van Wyk

7. Bietjie Liedjie – Deon Groot

8. Hardekole – Ricus Nel, Adam Tas, Bok van Blerk en Refentse

9. Volmaan – Leah

10. Ontwaak – Arno Carstens

11. Waar was jy – Karen Zoid

12. As jy nog twyfel – Burgerd Botha

13. Ek wens – Pierre Rossouw

14. Vir die een wat geval het – Len Muller en Joshua na die Reën

15. Ongeloof(lik) – Nagligte

16. Stad van Verlange – Franja du Plessis

17. Bou aan Liefde – Vaughan Gardner

18. Silwer Kombers – Neil Somers

19. Modder en Bloed – Bok van Blerk

20. Jy is die Storm – Dewald Wasserfall


            8 Julie 2016

#NetPret Gatskop Treffers

• Baby Tjoklits – Gerhard Steyn

• My Immortal – Evanesence

• In my Lewe – Mathys Roets

• The Rose Bette Midler

• Beautiful in Beafort-wes – Theuns Jordaan

• It must have been love – Roxette

• Liefling – Steve Hofmeyr

• I had the time of my Life – Bill Medley & Jennifer warnes

• Soos Bloed – Theuns Jordaan

• (Everything I do) I do it for you – Bryan Adams

• My Kreet – Bok van Blerk

• The Story – Brandi Carlile


23 Julie 2016

Shazam Suid Afrikaanse Top 20

1. In Common – Alicia Keys

2. Sing me to sleep – Alan Walker

3. This is what you came for – Calvin Harris Ft Rihanna

4. I hate u, I love you – gnash ft Olivia o’brien

5. Send my Love (To your new Lover) - Adele

6. Don’t Mind – Kent Jones

7. This Girl – Kungs & Cookin’ on 3 Burners

8. Thinking about you - Goodluck

9. Cold Shoulder – Locnville & Sketchy Bongo

10. Children of the sun – Daniel Baron

11. This One’s for you – David Guetta ft Zara Larsson

12. Mthande - Musa

13. Dancing on my own – Calum Scott

14. I took a Pill in Ibiza (SeeB Remix) – Mike Posner

15. Me Too – Meghan Trainor

16. Can’t stop the Feeling – Justin Timberlake

17. Panda - Desiigner

18. Crash - Usher

19. No Money - Galantis

20. Faded – Alan Walker


24 Julie 2016

Maroela Media Afrikaanse Top 20

1. Langs jou – Elvis Blue

2. Ek steek my hand op – Touch of Class

3. Hardekole – Ricus Nel, Adam Tas, Bok van Blerk en Refentse

4. Sonvanger – Refentse

5. Waar was jy – Karen Zoid

6. Hamer – Liza Bronner

7. As jy nog twyfel – Burgerd Botha

8. Vergeet van my – Irene-Louise van Wyk

9. Braaf – Charlize Berg

10. Stad van Verlange – Franja du Plessis

11. Bietjie Liedjie – Deon Groot

12. Silwer Kombers – Neil Somers

13. Volmaan – Leah

14. Ontwaak – Arno Carstens

15. Jy is die Storm – Dewald Wasserfall

16. Ek het – Bok van Blerk en Laurika Rauch

17. Ek wens – Pierre Rossouw

18. Vir die een wat geval het – Len Muller en Joshua na die Reën

19. Ongeloof(lik) – Nagligte

20. Die wêreld binne my – Joshua na die Reën


22 Julie 2016

#NetPret Gatskop Treffers

• Baby Tjoklits – Gerhard Steyn

• My Immortal – Evanesence

• In my Lewe – Mathys Roets

• The Rose Bette Midler

• Beautiful in Beafort-wes – Theuns Jordaan

• It must have been love – Roxette

• Liefling – Steve Hofmeyr

• I had the time of my Life – Bill Medley & Jennifer warnes

• Soos Bloed – Theuns Jordaan

• (Everything I do) I do it for you – Bryan Adams

• My Kreet – Bok van Blerk

• The Story – Brandi Carlile


30 Julie 2016

Shazam Suid Afrikaanse Top 20

1. In Common – Alicia Keys

2. This is what you came for – Calvin Harris Ft Rihanna

3. Don’t Mind – Kent Jones

4. This Girl – Kungs & Cookin’ on 3 Burners

5. Send my Love (To your new Lover) - Adele

6. Run – Matthew Mole

7. Wololo – Babes Wodumo, Mamphintsha, Zipho Mtembu

8. I hate u, I love u – gnash ft Olivia o’brien

9. Sing me to Sleep – Alan Walker

10. Perfect Strangers – Jonas Blue ft JP Cooper

11. Dancing on my own – Calum Scott

12. Children of the sun – Baniel Baron

13. Fly away – DJ Kent

14. Thinking about you - Goodluck

15. Cold Shoulder – Locnville & Sketchy Bongo

16. Me too – Meghan Trainor

17. Crash - Usher

18. One Dance – Drake ft Wizkid & Kyla

19. I took a pill in Ibiza (SeeB Remix) – Mike Posner

20. Too much Information (Laolu Remix Edit) – 

31 Julie 2016

Maroela Media Afrikaanse Top 20

1. Langs jou – Elvis Blue

2. Waar was jy – Karen Zoid

3. Ek steek my hand op – Touch of Class

4. As jy nog twyfel – Burgerd Botha

5. Hardekole – Ricus Nel, Adam Tas, Bok van Blerk en Refentse

6. Sonvanger – Refentse

7. Stad van Verlange – Franja du Plessis

8. Hamer – Liza Bronner

9. Vergeet van my – Irene-Louise van Wyk

10. Silwer Kombers – Neil Somers

11. Braaf – Charlize Berg

12. Bietjie Liedjie – Deon Groot

13. Ek het – Bok van Blerk en Laurika Rauch

14. Jy is die Storm – Dewald Wasserfall

15. Volmaan – Leah

16. Ontwaak – Arno Carstens

17. Die wêreld binne my – Joshua na die Reën

18. Ek wens – Pierre Rossouw

19. Vir die een wat geval het – Len Muller en Joshua na die Reën

20. Ongeloof(lik) – Nagligte


29 Julie 2016

#NetPret Gatskop Treffers

• Baby Tjoklits – Gerhard Steyn

• My Immortal – Evanesence

• In my Lewe – Mathys Roets

• The Rose Bette Midler

• Beautiful in Beafort-wes – Theuns Jordaan

• It must have been love – Roxette

• Liefling – Steve Hofmeyr

• I had the time of my Life – Bill Medley & Jennifer warnes

• Soos Bloed – Theuns Jordaan

• (Everything I do) I do it for you – Bryan Adams

• My Kreet – Bok van Blerk

• The Story – Brandi Carlile


Trivia Flaters

Held in die SA geskiedenis ?
<Elixir> tony blaire
 Die Antwoord: Wolraad Woltemade

Mitologie : 'n Vlieende haas, is 'n ....... ?
 <%coco> vlermuis
 Die Antwoord: Kolee

As jy inskryf as student, se ons jy ......... ?
<Deadpool> Le leeg
 Die Antwoord Was: Immatrikule

 As jy aapstuipe kry van woede, dan kry jy hierdie koors ?
<Elixir> vloermoer
 Die Antwoord Was: Papelellekoors


Met watter sportsoort verbind jy Carl Ripkin ?
 <Gurshick> Boomklim
 Die Antwoord: Bofbal

Voorheen Noord-Rhodesie ?
<Deadpool> Namibie
Die Antwoord: Zambie

 Plaasvervanger van 'n biskop 
<Cyberdewd> virkeersbeampte
 <Gurshick> Viksheidsmodel
 Die Antwoord Was: Vikarisgeneraal

 [Waar word grondboontjies ryp ?
<Elixir> op brood
Die Antwoord: Ondergronds


[Hy het eerste gesigsontrimpeling in 1901 uitgevoer ?]
 <Deadpool> Facelift
 Die Antwoord: Eugene Hollander


Caspar, Melchior en Balthasar ?
<Grimmjow|LIVE> Drie wyn makers van die ooste
 Die Antwoord: Drie wyse manne van die Ooste

Benaming vir die Ndabele ?
 <+Lilly> maplotters
Die Antwoord Was: Mapogger

[Spotnaam vir 'n matroos ?
<Deadpool> Vloekbek
 Die Antwoord: Seerot

Jong Vrouedag

Jongvroudag, vrouedag, ouvroudag. Elke geslag vroue vier dit anders. Jy het nie altyd tyd vir vrouedag nie. Laas het die agste Augustus al aangebreek, toe het ek nog nie eens daarby uitgekom om ietsie oor Wêreldvrouedag te skryf nie. Altyd besig, besig.


Ek e-pos toe gou 'n handvol vriendinne vir kommentaar om te hoor hoe hulle die dag graag sou wou gedenk. Die meeste van hulle het nie tyd gehad om my te antwoord nie. Dit was al asof almal besiger as ooit was. Gewoonlik gons die selfoon van oulike SMSe wat vroue rondstuur, maar ook op daardie front was dit stil. Laatmiddag bel ek toe maar 'n paar van hulle.


My een vriendin stel voor ons hou 'n Tienermeisiedag, wat vroue vroeg al bewus kan maak van hoe spesiaal hulle is en dat vrouwees hulle meer mag gee as hele Weermag. 'n Ander vriendin het ongelukkig 'n afspraak by 'n ginekoloog gehad en op so 'n dag wil jy liewer 'n sak oor jou kop trek. Ja, 'n vrou se dag, en haar lewe, het baie fasette.


Ons het die vorige Saterdag by ‘n vriendin se verjaarsdag gekoek en getee en gekraai van die lag, en later besin oor hoe die paartie so twintig of dertig jaar gelede sou verloop het. Party van ons was toe twintig, ander dertig; party vroeg ryp, party laat blommetjies. Elkeen het toentertyd op ‘n ander manier hand-uit geruk. Ek het altyd ‘n week verlof gevat en verjaarsdag gevier tot ek nog ‘n week verlof nodig gehad het om daarvan te herstel. Op elke foto in my album het ek ‘n “ek’s-hier-vir-die-bier” glimlag. Ek hang hand-om-die-lyf met die oulikste ouens. Daai tyd het ek so lekker verjaar, ek wou met alle geweld honderd jaar oud word.

Toe het ons uiteenlopende idees gehad van wat 'n lekker verjaarsdag behels het. Vir een was dit toe ook koek en tee, vir ‘n ander was dit ‘n hoed vol giggelkruid, vir ‘n ander ‘n bottel sjampanje (vir party verkieslik ‘n kis sjampanje!); of fliek en ‘n romantiese ete by kerslig, of die kosbare samesyn met kinders en familie.

Het jy toe ooit aan Vrouedag gedink?

Ek was al amper halfpad op pad honderd toe, toe ek my kop verbaas skud en bewus word dat daar iets soos Vrouedag bestaan - omtrent dieselfde tyd wat ek "Women who run with the wolves" gelees het en begin oplet het na wisselende hormoonvlakke. Teen daardie tyd moes ek 'n gebroke en uitgeputte hart al ‘n hele paar keer saam abba, totdat hy weer kans gesien het vir die lewenspad. 


Dis die tyd van die lewe dat jy begin jy mooi werk met jou energie, want dit kom nie meer uit ‘n onuitputbare bron soos jy gedink het nie.


Nou begin jy eers regtig leef. Jy giggel sonder kruid, gedra jou nes jy wil sonder die bevryding van alkohol, of spandeer jou verjaarsdag saam met jou maats want die kinders het hul beurt gehad.


Ek bel toe ook my vriendin wat my skewe trui vir my regbrei. Ja, sy het gehoor dis Wêreldvrouedag, maar elke dag is mos vrouedag, want vroue dra elke dag die hele wêreld op hul skouers. Ek stem heelhartig saam. Vra jy vir vroue hoe hulle Vrouedag sou spandeer as hulle die dag kon afhê, hoor jy dadelik van alles wat hulle sou wou doen. Dit lyk vir my of vroue NOG besiger sal wees as hulle kan doen wat hulle eintlik graag wil doen, as wat hulle alles doen wat hulle elke dag MOET doen.


My vriendin wat voel ons moet 'n Tienerdag vir vroue hou, wys daarop dat 'n amptelike Vrouedag tog maar deur die politici misbruik word om ter wille van mediablootstelling skynheilige uitsprake te maak, waarop party van ons juig en ander in wantroue en ongeloof ons koppe skud. Die mans piepie hul straaltjie en die vrouens sit op hul tak en sing hul liedjie [en ek skryf op my blog], maar is daar werklik sprake van emansipasie in ons samelewing, vra sy. Die vrou wat byvoorbeeld tot die politiek toetree, verwaarloos dalk haar man en gesin. Het sy dan werklik iets bereik?


Sy vra nog 'n goeie vraag: Is Vrouedag soos ons samelewing dit bemark ook bedoel vir die dronkgat-ma wat haar kinders weggooi, vir die vroue wat kaalvoet (en uiterlik onverfynd) oor die Drakensberg getrek het; of is dit 'n oppervakkige instelling wat kos is vir lekker koerantopskrifte en tydskrifartikels en party vroue die geleentheid bied om 'n paar honderd rand te betaal om 'n fraaie tee in die stadsaal te geniet? (Hopelik ten bate van die dronkgat-ma en haar kinders.)


Laat ons onthou Vrouedag is vir alle vroue. Hoe jy die dag gedenk, spreek van wie jy is, hoe jy jouself ag. Vir my het die paar geselsies met my vriendinne die kroon op die dag gespan. Soos op elke ander dag, is dit die kontak met my vriendinne wat my wêreld reg hou.


Mag Vrouedag hierdie keer minder besig wees vir almal. Maak tyd daarvoor.

(Michelle Moses)

Top Trivia

Deadpool met,10,516
Cyberdewd met,5,555
Coco met,5,554
Lexie met,3,990
Saskia met,1,853 

Top Kletsers

Coco met 57,735
Lexie met 46,564
Weeskind met 45,120
Ivanka met 36,248
Saskia met 24,248.

Maak gerus kontak met ons vir enige vrae, komplimente, voorstelle of klagtes.
Jy kan dit opneem met n OPS/ADMIN in die kletskamerof die vorm hieronder voltooi.